Rainer Maria Rilke

Rainer Maria Rilke
Rilke in 1900 op die ouderdom van 24 jaar
Gebore4 Desember 1875
Sterf29 Desember 1926
NasionaliteitVlag van Oostenryk-Hongarye Oostenryk-Hongarye
BeroepDigter, skrywer

Rainer Maria Rilke (oorspronklike naam René Maria Rilke, *4 Desember 1875 in Praag, Boheme, Oostenryk-Hongarye (tans in die Tsjeggiese Republiek); †29 Desember 1926 in Valmont, Switserland ) was ‘n Oostenryks-Duitse digter wat internasionale bekendheid verwerf het met werke soos die Duino-elegieë en ‘’Sonnete aan Orfeus’’. Rilke se reeks van tien lang gedigte, die Duino-elegieë, word saam met die Sonnette aan Orfeus as sy grootste werke beskou. Rilke het aan die elegieë begin skryf terwyl hy tussen Oktober 1911 en Mei 1912 in die Duino-kasteel in die noorde van Italië tuisgegaan het en dit na 'n lang onderbreking in 1922 voltooi. Die gedigte is opgedra aan die eienares van die kasteel, prinses Marie von Thurn und Taxis.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search